Ons gemeente
     
Tuisblad

Ons gemeente

Ontmoet die AP Kerk

Foto's

Kontak ons

Skakels

 
Ontstaansgeskiedenis
Die AP Kerk Pofadder is gestig op 29 November 1991. Alhoewel daar maar min lidmate teenwoordig was, is 'n eenparige besluit geneem om 'n nuwe gemeente te stig. Ds. P.G. Stans en Ds. P.van Rensburg het die verrigtinge gelei.
Na die stigting is dadelik kerkraadslede verkies en in hul amp bevestig, sodat bediening dadelik kon begin! Die eerste erediens is gelei deur Ds. P. van Rensburg, en die eerste orreliste was mev. S. Miller. Die eerste leraar in die gemeente was ds. P. Gomes wat vanf 23 September 1995 gedien het. Hy was egter net 18 maande met ons.
Ons gemeente is oor 'n baie wye area versprei in die Noord-Kaap, en lidmate is maar dun gesaai. Die Here was ons genadig die afgelope jare, en ons dank Hom vir al sy gawes.
Tans is ons 32 belydende- en 10 dooplidmate in die gemeente.

Gedurende Mei 2001 het ons gemeente 'n bedieningsooreenkoms aangegaan met die AP Kerk Namakwaland, om van ds. Adriaan Swart se dienste gebruik te maak.